logomobile logo

Belastingvermorsing

voordele-hero-imagevoordele-hero-image

Ons is keelvol om belastingslawe vir die regering te wees!

Ons word toenemend oorbelas soos wat die een na die ander wet nóg meer van ons swaarverdiende inkomste stroop. As die kleinste proporsionele werksmag in die wêreld, dra ons die tweede hoogste proporsionele belastinglas, en nou wil die regering ons nog verder kaalstroop. Solidariteit veg nie net teen oormatige belastingmaatreëls nie, maar ook teen die volgehoue vermorsing daarvan. Staan saam met Solidariteit en raak betrokke!

Nasionale Gesondheids-versekering

Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) het ʼn skokverslag uitgereik wat toon dat die las op belastingbetalers kan verdriedubbel indien Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) ingestel word.
werknemers-platform-imagewerknemers-platform-image

Nuutste veldtog

Geen veldtogte tans gevind

Beter gesondheidsorg vir almal in SA en dit sonder die NGV

ʼn Konsepvoorstel vir ʼn verbeterde gesondheidsorgstelsel wat die druk op die sukkelende openbare stelsel verlig terwyl dit toegang tot luukser privaat sorg vergroot, is deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) uitgereik. Terwyl die debat oor die Nasionale Gesondheidsversekeringswet, wat in Mei 2024 deur pres. Cyril Ramaphosa onderteken is, voortwoed, het die SNI besluit om nie net teen die NGV te veg nie, maar ook om met opbouende voorstelle en oplossings van sy eie vorendag te kom. Volgens Theuns du Buisson, ekonomiese navorser verbonde aan die SNI, is daar verskeie redes waarom die NGV selfs meer skadelik as Suid-Afrika se huidige gesondheidsorgstelsel sal wees. Jy kan die volledige verklaring hier lees of jy kan hier klik om dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, se mening op Netwerk24 te lees.
vennote-sol-tech
doel-comment
“Ons moet terugbaklei. Kom ons doen dit deur litigasie, ontbloting van plundering en vervolging van plunderaars, openbare druk en belastingherstrukturering.”

Dr. Dirk Hermann

Vorige veldtog

Geen veldtogte tans gevind