logomobile logo

Onderwys

voordele-hero-imagevoordele-hero-image

Die regering wil elke aspek van ons lewe kaap en dit raak nou selfs ons kinders se opvoeding.

Nuwe wette bedreig die onafhanklikheid van ons skole, plaas Afrikaanse onderrig onder druk en word as wapen gebruik om ons kinders se toekoms te vernietig. Solidariteit veg vir minder staat en meer privaat. Beskerm jou nageslag en raak betrokke!

Bela-wetsontwerp

Die aanvaarding van die Bela-wetsontwerp in die praktyk sal beteken dat openbare skole weer staatskole sal word, waarvan ʼn gemeenskap bykans geen insae in die onderwys en bestuur van sy skool of sy kinders sal hê nie.

Die Bela-wetsontwerp sal ʼn reuse-impak op skole se onafhanklikheid hê. Indien dit ingestel word, sal beheerliggame bykans al hulle magte aan die staat afstaan, veral ten opsigte van leerdertoelating en taal.

Nuutste veldtog

Geen veldtogte tans gevind

Bela is ’n rooi lyn wat nié oortree mag word nie.

Dít was die eenvoudige, maar duidelike boodskap wat ’n skare van meer as 10 000 mense tydens die Bela-protesoptog op 5 November 2024 aan elke party en politikus betrokke by Suid-Afrika se regering van nasionale eenheid (RNE) oorgedra het. Die protesoptog is gelei deur die Solidariteit Beweging waaronder Solidariteit, AfriForum en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) sorteer, en ander organisasies wat ʼn belang by Afrikaanse onderwys het. Dit was in protes teen die huidige formaat van die Wysigingswet op Basiese Onderwyswette (No. 32 van 2024) (die Bela-wet) se bepalings oor openbare skole se toelatings- en taalbeleide. ’n Memorandum met eise is aan die DA en VF+, as ondersteuners van die protesaksie, oorhandig waarna ’n vreedsame tog van nagenoeg 1,8 km op Reconciliationweg, vanaf die Voortrekkermonument tot by Freedom Park, aangepak is. Hier is die memorandum – wat deur meer as 40 organisasies onderteken is – aan Gayton McKenzie as verteenwoordiger van die Presidensie oorhandig. Klik hier om meer in Netwerk24 se berig te lees.
vennote-sol-tech
Omstrede Bela-klousules dalk van die baan?

Netwerk24 het berig dat die kanse is goed dat die omstrede klousules van die Bela-onderwyswet nie op 13 Desember geïmplementeer sal word nie, meen ʼn optimistiese dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. Tim du Plessis en Dawie Boonzaaier gesels oor die politiek rondom die konsultasieproses en Hermann verduidelik wie almal betrokke is. Klik hier om die volledige Netwerk24 berig te luister.
SAPD-lid
doel-comment
“Dan wonder mense nog steeds waarom Afrikaners onsself maar help. Die een opsie is om aan dié omstandighede oor te gee, polities korrek en gehoorsaam te bly en uiteindelik kultureel te vergaan. Die regering gaan beslis nie ons kultuur of taal beskerm, ons ekonomies help of ons maatskaplik ondersteun nie. Indien ons dit nie self doen nie, gaan niemand anders dit doen nie. Die ander opsie is om bloot na onsself te kyk en self verantwoordelikheid te neem. Sodoende kan ons ons tyd en hulpbronne so goed as moontlik gebruik om spasies te skep waarin ons vry, veilig en voorspoedig kan voortleef; spasies waarin ons op onsself aangewese is en nié op die regering nie en spasies waarin dit nie ʼn sonde is om wit en Afrikaans te wees nie.”

Dr. Dirk Hermann

LUR vir Onderwys in Noordwes vra Elana Barkhuizen om verskoning 

Solidariteit het vanjaar die die verskoning van die LUR vir Onderwys verwelkom wat aangebied is ingevolge die 2023-Menseregtekomissieverslag (SAMRK-verslag) wat bevind het dat die valse aantygings van rassisme teen die onderwyseres, Elana Barkhuizen, wel haar menseregte geskend het. Die LUR vir Onderwys in Noordwes, me. Viola Motsumi, het Barkhuizen wat ʼn onderwyseres aan die Laerskool Schweizer-Reneke is, in ʼn brief om verskoning gevra vir die onregmatige optrede teen haar. Barkhuizen is in 2019 geskors weens ʼn foto wat vier swart en agtien wit leerders wys wat by aparte tafels in ʼn klaskamer sit. Die foto het vinnig op sosialemediaplatforms versprei en het ʼn storm van kontroversie ontketen. Barkhuizen het haarself in die middelpunt van hierdie storm bevind. Klik hier om die volledige verklaring van Solidariteit te lees of lees die volledige Netwerk24 berig hier.
vennote-sol-tech

Vorige veldtog

Geen veldtogte tans gevind