Rasmalheid


Suid-Afrika is die mees rasgereguleerde land ter wêreld.
Nuutste veldtog
Geen veldtogte tans gevind
Verenigde Nasies (VN) se Komitee vir die
Uitskakeling van Rassediskriminasie (CERD)
As deel van Solidariteit se poging om die regering se rasmalheid te beveg, plaas Solidariteit ook druk op die internasionale gemeenskap. Solidariteit het die Suid-Afrikaanse regering ingevolge die Internasionale Konvensie oor die Uitskakeling van Rassediskriminasie (ICERD) by die Verenigde Nasies aangekla oor dít wat Solidariteit as “rasmalheid” bestempel. Die internasionale gemeenskap moet kennis neem van ons regering se immorele beleid van rassediskriminasie. CERD en die VN moet bewus gemaak word van ons regering se versuim om in pas met globale norme en waardes te kom sodat hulle uiteindelik ingespan kan word om ons regering by wyse van politieke en regstegniese druk te dwing om te voldoen aan basiese menseregte soos die verbod op onbillike diskriminasie.


Solidariteit het al verskeie suksesse behaal in ons stryd teen die rassewetgewing in Suid-Afrika, wat dikwels as diskriminerend beskou word. Een van die belangrikste suksesse was die ooreenkoms wat Solidariteit in 2023 met die Suid-Afrikaanse regering bereik het oor rasseteikens in die werkplek. Kik hier om meer te lees. Hierdie ooreenkoms verseker dat niemand, selfs nie eens vir regstellende aksie, afgedank mag word op grond van hul ras nie. Dit het die druk op die regering verhoog om rassegebaseerde aanstellingspraktyke te heroorweeg, en het ʼn buigsame benadering tot werksgeleenthede gewaarborg.
Vorige veldtog
Geen veldtogte tans gevind
Dr. Dirk Hermann